Grootbrakstories
Sat Nov 7, 18:00 - Sat Nov 7, 20:00
NG Kerk Groot-Brakrivier, Kerksaal.
ABOUT
Grootbrakstories is terug na die groot sukses van die pragtige aanbieding by die heel eerste Grootbrak Boekeblaf in 2025.
Kontreistories en staaltjies gekombineerd met oorspronklike musiek saam met (vertellers) Daniël Lötter, Sidney Gilroy en die digter Lluyle Arendse asook die musikante Petronel Baard, Stef Kruger, Schalk Maas, Riku Lätti en Jackie Lätti wat weer vir 'n magiese aand in die hart van Grootbrak gaan sorg.
Laasjaar se reis het van "agter die klip" (Outeniquaberg) tot in Grootbrak self gereis. In vanjaar se stories vertel ons die staaltjies van bekende en beminde Grootbrak brakke dat ons hoor waar die blaf nou eintlik vandaan kom en dit is die waarheid!
Verder sing ons met die stem van die stil waters en natuur wat hierdie groen, grootse wêreld oopkloof en aanskou het al vir eeue en meer.
Kom luister na die Grootbrak se stories.
Kaartjies vanaf R220, bring gerus jou eie piekniekmandjie.
Navrae via WhatsApp by Petronel Baard op 082 737 8416.