Chris Karsten in gesprek met Sidney Gilroy oor Al die Swendelaars
Sat Nov 8, 14:00 - Sat Nov 8, 14:40
Vorentoe Holiday Camping
ABOUT
Chris Karsten is een van Suid-Afrika se bekendste en
bekroonde skrywers van misdaad-, historiese- en jeugfiksie, asook niefiksie oor berugte moorde. Ná byna veertig jaar in die joernalistiek en sewe jaar in Kanada, woon hy tans in Hartenbos. Hy gesels met Sidney Gilroy oor sy nuutste boek "Al die Swendelaars"
Waar vind dit plaas?
Al die geleenthede vind by Laerskool Vorentoe se sportgronde plaas (ook bekend as die Laerskool Vorentoe Kampgronde) in Langstraat, Grootbrak plaasvind.
Wat van badkamers & parkering?
Daar is badkamers by die saal en daar is oorgenoeg parkering in Langstraat
waar karwagte vir die fees aangestel is.
Wat van drank en kos?
Jy mag ongelukkig nie jou eie alkohol saambring nie, maar daar is iets te drinke
en te ete te koop.
Moet ek vir elke geleentheid apart kaartjies voor koop?
Ja. Jy kan die individuele geleenthede bywoon vanaf R70 pp. Daar is ook 'n Dagkaartjie vir al die gesprekke vanaf R350. Kaartjies is ook beskikbaar by die deur en Grootbrak Biblioteek. Die twee aandvertonings is R150 p.p. en die Afsluiting en ontbyt op Sondag 9 Nov. vanaf R120 p.p.
Navrae by [email protected]