Visie Fees 2026 saam met Demi Lee Moore

Sat Sep 19, 11:00 - Sat Sep 19, 18:00

AGS iLumen Boksburg

ABOUT

Ons nooi jou hartlik uit na ons opkomende Visie Fees op 19 September 2026 – ’n dag gevul met vreugde, gemeenskap en onvergeetlike oomblikke!


Hierdie spesiale geleentheid is daarop gemik om ons kerk aan die gemeenskap bekend te stel en ’n ruimte te skep waar almal welkom voel.


Die hekke open reeds om 11:00, so bring jou familie en vriende saam om die dag saam met ons te geniet. Daar sal hope aktiwiteite wees vir die jongspan, insluitend springkastele, water slides en face painting (ALLES GRATIS) perfek vir ’n lekker, lewendige dag uit.


Boonop sal daar verskeie kosstalletjies wees met iets vir elke smaak.


Die voorvertoning begin om 16:00 met ons GUEST ARTIST Stephan Nel, waarna die hoogtepunt van die dag volg: ’n lewendige optrede deur die geliefde Suid-Afrikaanse kunstenaar Demi Lee Moore om 17:00. Haar energieke en opregte musiek beloof om die dag op ’n inspirerende noot af te sluit.


Kaartjies is beskikbaar teen R250, en parkering is heeltemal gratis.


Moenie hierdie spesiale dag misloop nie – kom vier saam, maak nuwe herinneringe en ervaar waaroor ons kerk werklik gaan. Ons sien uit daarna om jou daar te verwelkom! ?

DIRECTIONS

Visie Fees 2026 saam met Demi Lee Moore
AGS iLumen Boksburg
Corner of De Hoop Ave, and, Hugenoot St, Beyers Park, Boksburg, 1459, South Africa
Get Directions