AGS ILUMEN
About
Maak gereed vir ’n dag vol pret, familie tyd vir jonk en oud en 'GREAT' musiek! Op 19 September 2026 gaan dit gebeur in Boksburg – Demi Lee Moore gaan live optree by AGS Ilumen en jy wil dit nie mis nie!
Hekke maak oop om 11:00, daar gaan hope kos en drinkgoed wees as ook 'fun aktiwiteite / spring kastele' vir die jonges – kom vroeg, eet iets lekkers, kuier saam en kry jou plek voor die show begin!
Dis ’n dag wat jy en jou hele familie lekker saam kan kuier, lag en saam sing. ’n Fees van geloof, vreugde en saamwees – en jy is genooi!
Hierdie geleentheid is deel van ons plan om ons nuwe kerk in Boksberg bekend te stel, en om die lig van God helder te laat skyn in ons gemeenskap.
Kaartjies is nou oop – bespreek vandag en maak seker jy’s daar!