Volhoubare landboukonferensie op Bitterfontein
Wed Sep 17, 08:00 - Wed Sep 17, 14:00
X7W6+G2F
ABOUT
Bespreek jou plek vir Landbouweekblad en die Bitterfontein Landbouvereniging se konferensie oor volhoubare landbou op Woensdag, 17 September 2025, in die Klipbergstoor by Bitterfontein.
Program
08:00 Registrasie, tee en koffie
09:00 Verwelkoming
09:15 Hoe heuweltjies ('kolle' in die veld) ontstaan het, wat hul ekologiese waarde is en hoe boere hulle moet bestuur – prof. Cathy Clarke, Universiteit Stellenbosch
10:00 Paneelbespreking met boere oor gemengde saai- en veeboerdery in die droogste deel van die winterreëngebied – Albie Pool, Koos Rossouw, Braam Nieuwoudt, Chrisjan Pool en Henk Burden – almal van Kotzesrus en Bitterfontein – en De Graaff Genis van Kamieskroon
11:00 Wat om te doen as daar ‘n prospekteer- of mynaansoek op jou plaas is – Kobus en Katrin Visser, Kliprand
11:30 TEE
12:10 Paneelbespreking oor alternatiewe inkomstestrome – Therese Nieuwoudt, Janita Pool, Sarel Visser en ’n gastehuis-eienaar
12:50 Die ekonomie van veeboerdery in die droë gebiede van Suid-Afrika – prof. Beatrice Conradie, Universiteit van Kaapstad
13:20 Voerkraalwenke
13:50 Vrae en afsluiting
14:15 Middagete en saamkuier
Kaartjies kos R150 per persoon en sluit tee en koffie en ‘n heerlike middagete in.
Pin na die Bitterfontein-landboustoor: Klik HIER.
Rig navrae aan Apollo Bomvana by 067 217 0190.