Sip and Bloom
Sat Aug 15, 16:00 - Sat Aug 15, 23:00
Bella Cardi Wedding Venue
ABOUT
Sip & Bloom – ’n Elegante Vroue-aand vir ’n Goeie Doel
Sluit by ons aan vir ’n stylvolle en inspirerende Sip & Bloom-aand ten bate van Laerskool Eureka se kospakkieprojek. Hierdie spesiale geleentheid bring vroue saam vir ’n ontspanne aand vol kuier, bederf en vermaak — alles ter ondersteuning van ’n betekenisvolle saak in ons gemeenskap.
Jou aand sluit in:
• ’n Welkom drankie
• ’n Pragtige welkom boksie
• Heerlike verversings
• ’n Makeup-werkswinkel deur Louise Volschenk
• Vermaak deur Francois Louw
• ’n Prettige Sip & Bloom Bingo-speletjie
Lucky draw-pryse sal op die aand beskikbaar wees
Dress code: Elegant, glitz & glam
Venue: Cardi Wedding Venue
Datum: 15 Augustus
Kaartjies: R300 per persoon | R2800 per tafel (10)
Opsioneel: Bring enige ou klere, skoolklere, skoene of sporttoerusting as donasie.
Kom geniet ’n onvergeetlike aand saam met vriendinne — sip, bloom en gee terug