Cape St. Francis Resort

Tue Dec 23, 19:30 - Tue Dec 23, 22:00

Cape St. Francis Resort

ABOUT

Ons kom weer terug na Cape st Francis!!!

Ons bring ‘n splinternuwe show met die naam “Gedagtes van Vlug”. Al wat ek kan sê is dat ek uitsien om saam met julle te vlieg! Baie liefde, baie musiek en die beste tyd wat ons en julle moontlik saam kan hê.


Die venue is taamlik klein, en sit net 250 mense(as ons staan kan ons 300 inpas) maar die musiek gaan groot wees , so groot en wyd en vry soos die wêreld in en om jou!


Ek bring uitstekende musikante saam met my


Kom WEES saam by Cape St. Francis Resort


As jy jou mense wil bederf voor die show met van die beste seekos wat ek al geeet het, bespreek jou plek by Joe Fish(reg langs die venue) hier is die nommer - 042 298 0054


Daar sal 'n Bar beskikbaar wees by die venue self ook sodat jy nie te ver hoef te loop vir ietsie om te drink nie!



Daar sal stoele wees vir die wat wil sit, maar die jaar gaan jy dalk wil staan!



Daar is NET 250 kaartjies, en jy kan kies wat jy wil betaal tussen R150 (vir kinders tussen 7 - 12) volwassenes R200, R250 en R300.


Hierdie kaartjies is almal presies dieselfde, maar as jy voel jy wil meer betaal vir jou kaartjie omdat jy goeie musiek geniet, kan jy nou kies om dit te doen.




*kinders onder 6 is gratis en baie welkom!




En dan, die belangrikste: die SHOW BEGIN 19:30

DIRECTIONS

Cape St. Francis Resort
Cape St. Francis Resort
Da Gama Rd, Cape St Francis, 6312
Get Directions