Stilbaai - Jongensfontein
Sun Dec 21, 18:00 - Sun Dec 21, 22:00
Jongensdal - Stilbaai
ABOUT
JONGENSFONTEIN!!
My hart klop sommer vinniger van opgewondenheid as ek dink dis al amper weer tyd om saam met julle 'n betowerende aand te beleef by Jongensdal!
Ons bring ‘n splinternuwe show met die naam “Gedagtes van Vlug”. Al wat ek kan sê is dat ek uitsien om saam met julle te vlieg! Baie liefde, baie musiek en die beste tyd wat ons en julle moontlik saam kan hê.
Kom WEES saam met ons vir een aand hierdie Desember tydens ons jaarlikse Berg, Son en See toer!
Daar is NET 250 kaartjies aanlyn beskikbaar, indien die weer mooi saamspleel, kan ons soos verlede jaar nog so 200 kaartjies oopmaak vir buitelug, maar as dit reën moet jy een van die eerste 250 koop om plek te kry!
Daar sal goeie koffie en lekker soetgoed te koop wees!
Maar pak jou wyn en piekniekmandjie in, asook jou kampstoele/piekniekkomberse in!
Hekke maak 18:00 oop, en die show begin 19:00