No under 18s

Voorsmakie | Sneak Peek: Unspoken War

Thu Aug 21, 20:30 - Thu Aug 21, 21:30

Theatre on The Bay

ABOUT

VOORSMAKIE: SHOWMAX DOKUMENTÊRE REEKS | SNEAK PEEK: SHOWMAX DOCUMENTARY SERIES


Sedert 2023 sluit die Silwerskermfeesprogram ook voorskoue van opwindende nuwe televisie- en stroomdiens-inhoud in. Dit beteken dat die kontemporêre Afrikaanse filmkuns nou in al sy gedaantes gehuisves, gestimuleer en gevier word by die unieke netwerkgeleentheid wat die fees bied. Dokumentêre, loodsepisodes van dramareekse en realiteits- en vermaaklikheidsprogramme word vertoon, en hierdie TV-storievertellers geniet die glans en swier van die fees saam met hul eweknieë in die filmbedryf.


Since 2023, the Silwerskermfees programme line-up started to include sneak peeks of television and streamer content as a vibrant addition to the festival. This means the Afrikaans film content landscape is now hosted, stimulated and celebrated in its entirety at the unique networking opportunity the festival offers. Feature-length documentaries, pilot episodes of drama series and reality and entertainment shows are screened, and these storytellers enjoy the glitz and glamour of the festival alongside their filmmaking peers.


Unspoken War


GENRE: Dokumentêr: Menslike Stories / Documentary: Human interest

REGISSEUR | DIRECTOR: Nikki Comninos

KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Charl Fraser S.A.S.C, Craig Maarschalk

NAVORSING | RESEARCH: Pieter Steyn, Nikki Comninos

REDIGEERDERS | EDITORS: Nikki Comninos S.A.G.E, Jacques de Villiers, Miriam Arndt, Dewyk Pretorius

KLANKBAAN / OORSPRONKLIKE MUSIEK | SOUNDTRACK / ORIGINAL SCORE: Edward George King, Charl-Johan Lingenfelder

KLANKONTWERP | SOUND DESIGN: Daniel Eppel

DEELNEMERS | PARTICIPANTS: Azille Coetsee, Bun Booyens, Dana Snyman, Eddie Viljoen, Freek Robinson, Gary Baines, Julie Frederikse, Dr. Louis Bothma, Minette van der Walt

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: IdeaCandy

OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: 18V


Dekades ná die einde van die Grensoorlog, is daar steeds wonde. Unspoken War onthul die onvertelde stories van ’n wrede, geheime oorlog wat in Angola, Namibië en Suid-Afrika gewoed het. Deur intieme gesprekke met soldate, spioene, dogters, vroue en skaars argiefmateriaal, word ’n stuk van die verlede gekonfronteer waaroor daar jare lank net ’n dawerende stilte geheers het. Hierdie kragtige dokumentêre reeks ontbloot die menslike tol wat ’n oorlog geëis het waaroor min van dié wat betrokke was, gewaag het om te praat en ’n konflik wat nog minder werklik verstaan het.


Decades after the Border War ended, its wounds remain. Unspoken War uncovers the untold stories of a brutal, covert conflict fought across Angola, Namibia and South Africa. Through rare archival footage and intimate testimonies – from soldiers, spies and civilians – it confronts a past long buried in silence. This powerful documentary series reveals the human cost of a war few dared to speak of, and fewer still truly understood.




VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:

Instagram

Facebook

Teken in op ons nuusbrief | Subscribe to our newsletter


DIRECTIONS

Voorsmakie | Sneak Peek: Unspoken War
Theatre on The Bay
Link Street, Camps Bay, Cape Town, 8005
Get Directions