kykNET Silwerskermfees 2025

About

Die kykNET Silwerskermfees is ’n hoogaangeskrewe Suid-Afrikaanse en Afrikaanse film- en inhoudsfees wat die plaaslike bedryf al vir die afgelope 13 jaar ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Die fees het bewys dat dit ’n belangrike platform vir sowel gevestigde as opkomende filmmakers is. Saam met die Suid-Afrikaanse of wêreldpremières van die jongste rolprente, vertoon die Silwerskermfees die werk van jong talent in ’n reeks diverse kortfilms wat met die fees se finansiële ondersteuning en mentorskap vervaardig is. Die propvol feesprogram sluit paneelbesprekings, werkswinkels en bedryfsgerigte meesterklasse in wat deur bekende plaaslike en internasionale kenners aangebied word. Die gesogte Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie vereer die beste week by die fees, asook uitstaande prestasies in die TV-medium wat die afgelope jaar op kykNET-kanale uitgesaai is.


In 2025 word twee onafhanklike speelfilms en vier onafhanklike kortfilms tot die program bygevoeg. Die aanbod van kort dokumentêre films is ook groter. Kortfilms deur ervare filmmakers is daarop gemik om gehore te roer en opkomende talent te inspireer, terwyl opkomende filmmakers hulle stemme vind en hul stories die eerste keer in kortfilms op die grootskerm laat skitter. Die opwindende Silwermark bied weer by die fees die geleentheid vir inpersoonvoorleggings van Afrikaanse inhoud aan beide kykNET en Showmax in ’n verskeidenheid kategorieë.


Sedert die oertyd was stories noodsaaklik vir mense om sin van hul bestaan te maak. Die Silwerskermfees in Kampsbaai koester en vier oorspronklike Suid-Afrikaanse stories wat sin en kuns van ons kleurryke wêreld en mense maak.


Ons bly verbind tot die volgende doelwitte:

  1. Die uitbou van die Suid-Afrikaanse film- en TV-bedryf
  2. Ontwikkeling van gehore
  3. Opleiding en mentorskap
  4. Bevordering van plaaslike inhoud – nasionaal en internasionaal
  5. Sosiale kohesie en gesonde diskoers


Geniet asseblief die fees, die stories en alles wat die pragtige Kampsbaai bied.



The kykNET Silwerskerm Festival is an internationally recognised South African and Afrikaans film and content festival that has supported, empowered and developed the local industry for the past 13 years. The festival has proven to be an important platform for both established and emerging filmmakers. Alongside South African or world premieres of the latest feature films, the Silwerskerm Festival showcases the work of young talent in a diverse range of short films produced with the festival’s financial support and mentorship. The packed festival programme includes panel discussions, workshops and industry-focused masterclasses presented by renowned local and international experts. The prestigious Silwerskerm Awards for Film and Television honour the best work that debuted at the festival, as well as outstanding achievements in television broadcast on kykNET channels over the past year.


In 2025, two independent feature films and four independent short films will be added to the programme. The selection of short documentary films has also expanded. Short films by experienced filmmakers aim to move audiences and inspire emerging talent, while up-and-coming filmmakers find their voices and bring their stories to the big screen for the first time through short films.

The exciting Silwermark returns to the festival, offering the opportunity to pitch Afrikaans content in person to both kykNET and Showmax in a variety of categories.


Since ancient times, stories have been essential for people to make sense of their existence. The Silwerskerm Festival in Camps Bay, Cape Town, cherishes and celebrates original South African stories, making meaning and art from our world and people.


The festival remains committed to the following objectives:

  1. Expanding the South African film and TV industry
  2. Audience development
  3. Training and mentorship
  4. Promotion of local content – nationally and internationally
  5. Social cohesion and healthy discourse


Please enjoy the festival, the stories and everything that beautiful Camps Bay has to offer.


Contact info