DIE EK - Herfs

Thu Apr 24, 18:00 - Thu Apr 24, 21:00

Villa Barranco

ABOUT

DIE EK bied aan: Herfs – 'n vierring van oorgang en ondergaan. 


DIE EK — nooi jou na Herfs — 'n unieke vertoning wat die simboliese oorgang van seisoene vier. Hierdie produksie is 'n samevloeiing van klank, woord en ruimte.


Herfs is 'n narratief wat ontvou as 'n droom, herinneringe, die landskap van 'n innerlike wêreld en die stiller ritmes van verandering. Met oorspronklike komposisies, improvisasies en Afrikaans en engelse kontemporêre poësie. DIE EK skep 'n liminale ruimte waar die gehoor tussen die bekende en die onbekende kan beweeg.


Die uitvoering begin met “Die deur na Herfs” en lei die luisteraar deur sewe bedrywe — van die laaste hitte van die somer tot die eerste koue van die winter. Gedigte deur D.J. Opperman, Antjie Krog, Loftus Marais en ander, verweef met klanklandskappe en oorgangsliedere, verskaf ’n sensitiewe ervaring van die verandering wat om ons gebeur.


Die hoogtepunt van die aand is die uitvoering van DONKERLIED, DIE EK se jongste vrystelling. Die lied is gebaseer op poësie van Opperman en ondersoek geboorte en dood as onlosmaaklike teenoorgesteldes. Dit dien as 'n meditatiewe afsluiting van die seisoen en die opvoering self.


DIE EK se Herfs is 'n uitnodiging om te luister, te onthou en te wees. Dit is vir almal wat iets meer wil voel in die rustiger oomblikke tussen dinge. Vir almal wat in die herfs van 'n jaar gereed is om sagter te leef — en om die stiltes tussen woorde te hoor.



DIE EK presents: Autumn – a celebration of transition and decline.


DIE EK — invites you to Autumn — a unique performance that celebrates the symbolic transition of seasons. This production is a confluence of sound, word and space.


Autumn is a narrative that unfolds as a dream, memories, the landscape of an inner world and the quieter rhythms of change. With original compositions, improvisations, and contemporary Afrikaans and English poetry. DIE EK creates a liminal space where the audience can move between the known and the unknown.


The performance begins with “The Door to Autumn” and leads the listener through seven acts — from the last heat of summer to the first cold of winter. Poems by D.J. Opperman, Antjie Krog, Loftus Marais and others, interwoven with soundscapes and transitional songs, provide a sensitive experience of the change that is happening around us.


The highlight of the evening is the performance of DONKERLIED, DIE EK's latest release. The song is based on poetry by Opperman and explores birth and death as inseparable opposites. It serves as a meditative conclusion to the season and the performance itself.


DIE EK's Autumn is an invitation to listen, to remember and to be. It is for all who want to feel something more in the quieter moments between things. For all who are ready to live more softly in the autumn of a year — and to

DIRECTIONS

DIE EK - Herfs
Villa Barranco
Get Directions