DIE EK
About
DIE EK is 'n Afrikaanse kunsmusiekgroep uit Pretoria, Suid-Afrika met 'n veelvlakkige klank wat elemente van verskeie genres kombineer. In hul werk ondersoek DIE EK die wêreld van drome as 'n instrument vir selfrefleksie en ontdekking. Hierdie drome is simboliese landskappe, voortdurend veranderend en ryk aan metafoor. Elke album is ‘n konseptuele reis wat ‘n enkele nag van droom verken. DIE EK gebruik musiek, poësie en visuele vorme as 'n sleutel om die deur na hierdie realiteit oop te sluit.
Reviews
"Soos ‘n herfsblaar wat fladder in die wind
So het ons ore vanaand se klanke gevind
Musikale sensasies verweef met p03513
Koninklike konnotasie soos ‘n fleur-de-lis
Met warm atmosfeer en voedsel se geur
Alle konsepte van tyd vir ‘n oomblik verbeur
Die regte geleentheid en die regte plek
Wat ‘n puik vertoning deur Die Ek"
- Koekemakranka
"What an amazing event! Enjoyed the atmosphere, the venue and of course the artists!"
- Henrietta Erlank
"I enjoyed my Saturday night out in these difficult times."
- Anonymous