Die Anties Bring Hoop - Calvinia
Tue Jul 15, 09:00 - Tue Jul 15, 12:30
Calvinia
ABOUT
Kom kuier saam met ons in Calvinia op Dinsdag 15 Julie 2025 vir 'n onvergeetlike kreatiewe ervaring! Ons gaan 'n pragtige kunswerk op 'n doek skep met verskeie tegnieke wat elkeen jou eie unieke styl en flair kan laat uitstraal. Hierdie sessie is die perfekte geleentheid om jou kreatiwiteit te verken, iets spesiaals te maak, en sommer nuwe herinneringe te skep in 'n ontspanne, vriendelike atmosfeer.
Die Anties kom kuier vir julle! Ons gaan saam lag, gesels, verf, en ons harte en siele verfris met nuwe inspirasie. Hierdie is nie net ‘n kunsklas nie – dis ‘n kans om jou passie te ontdek, jou gedagtes los te maak, en sommer net lekker te wees in goeie geselskap.
Ons voorsien alles wat jy vir die klas nodig het – van verf tot kwaste – alles ingepak in 'n pragtige kunskardoes wat jy huis toe kan neem as herinnering aan hierdie spesiale dag. Jy hoef niks saam te bring behalwe jou entoesiasme nie!
Plekke is beperk, so maak seker jy bespreek betyds om hierdie magiese geleentheid saam met ons te beleef! Sit jou naam op die lys deur vir Mariette 'n WhatsApp te stuur by 082 085 9492. Moet dit nie misloop nie – dit gaan iets besonders wees!