Family friendly

EK BELOWE

Sat Mar 15, 19:00 - Sat Mar 15, 20:00

The Showroom Theatre

ABOUT

Jemaine Julies is 'n talentvolle Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, oorspronklik van Worcester, wat tans in Botrivier woon. Op 27-jarige ouderdom het hy 'n suksesvolle musiekloopbaan opgebou, met 'n unieke musikale styl wat diep gewortel is in soul, blues en R&B. Sy musiek weerklink oor verskeie kommersiële radiostasies, insluitend Good Hope FM, Heart FM, en RSG, wat 'n hartlike en gesinsvriendelike luisterervaring bied.


Jemaine se lied "Ek Belowe", geskryf vir sy vrou, is 'n eerlike belofte van verandering en beklemtoon sy toewyding aan diegene vir wie hy omgee. "Ek Belowe" is sy eerste trefferlied wat in 2024 vrygestel is en het vir hom verskeie geleenthede gebied om op te tree by verskeie funksies. Die liedjie het byna een miljoen mense se aandag op YouTube getrek en geniet reeds miljoene kykers op TikTok.


In 2022 het Jemaine 'n musiekalbum vrygestel, getiteld "Reik Na die Sterre", wat op alle aanlyn musiek platforms beskikbaar is.


In 2022 het sy talent erkenning ontvang as hy die titel van 'Vokalis van die Jaar' by die PHE-toekennings gewen het. In 2024 is hy ook bekroon as die 'Manlike Vokalis van die Jaar' by dieselfde toekenningsgeleentheid.


Jemaine het ook deelgeneem aan Jakesgerwel se liedjieskryfkursus waar Frazer Barry se mentor was, en het op verskeie bekende feeste, insluitend KKNK, die Standford Stersoek-fees en Suid-Oosterfees, opgetree. 


Hy werk vir 6 ses maande ‘n jaar by Applause Productions in Spanje, waar hy sy musiekvaardighede verder slyp.


Laat jou verras deur sy melodieuse klanke en diep emosionele lirieke – Jemaine Julies is 'n kunstenaar wat jy nie wil mis nie.

DIRECTIONS

EK BELOWE
The Showroom Theatre
43 Church St, Prince Albert, 6930
Get Directions