Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2025– Reitz
Tue Mar 4, 09:00 - Wed Mar 5, 15:00
Reitz-skouterrein
ABOUT
Volledige inligting oor registrasie en aanwysings is onder aan die blad beskikbaar.
Vir navrae kontak Reza Clifford by 079 917 3845.
***
VOLHOUBAAR | VEERKRAGTIG | VIR DIE TOEKOMS
Onvoorspelbare weerpatrone, stygende insetkoste, watertekorte en die agteruitgang van grondvrugbaarheid is van die uitdagings wat boere in die gesig staar. Landbouweekblad en die Riemland-studiegroep wil by sy konferensies oor herlewingslandbou vir boere wys hoe om in harmonie met die natuur te boer.
Kom ontdek hoe elke deel van die ekologiese legkaart perfek inmekaar steek om jou boerdery winsgewend en veerkragtig te maak. Sluit by ons aan vir ’n groter kans op sukses en volbaarheid.
Landbouweekblad se konferensie oor volhoubare landbou op 4 & 5 Maart op die Reitz-skouterrein is ’n moet vir enige boer wat wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer.
Waarom durf jy dit nie misloop nie:
- Steek kers op by boere en kundiges wat omgewingsvriendelike praktyke toepas.
- Leer hoe om koste te verminder terwyl jy jou natuurlike hulpbronne versterk.
- Kom kyk prakties hoekom herlewingslandbou werk met ’n plaasbesoek en proewe.
- Skuur skouers met ander boere wat dieselfde volhoubare boerderydoelwitte nastreef.
Vir ’n voorlopige program klik HIER.
ASPIREER | MOTIVEER | INSPIREER
Wil jy ’n inspirerende leier wees? Of selfs net ’n verskil maak? Corné Krige, oud-Springbokrugbykaptein, kom deel sy geheime van 12 jaar se bloed, sweet en trane in die kleedkamer.
’n Kaartjie kos R1 950. Bespreek voor 17 Februarie 2024 en betaal net R1 700. Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800 GRATIS wanneer jy ’n kaartjie koop.
Rig navrae aan [email protected] of Reza Clifford by 079 917 3845.
Met trots geborg deur VKB (hoofborg) en Case IH en Standard Bank.
REËLINGS EN AANWYSINGS
Goeiemiddag, ons sien baie uit om jou Dinsdag en Woensdag (4 & 5 Maart) te verwelkom by Landbouweekblad en Riemland-studiegroep se Herlewingslandboukonferensie op Reitz.
Sien aangeheg die program.
Dinsdag se program vind op Danie Slabbert se Van Rooyenswoning plaas. Klik HIER vir ’n aanwysings. Registrasie is vanaf 09:00. Trek asb. gemaklik klere aan – konferensiegangers word met vragmotors na die verskillende besoekpunte vervoer.
Dinsdagaand en Woensdag se program vind by die Reitz-skouterrein plaas. Klik HIER vir aanwysings. Dinsdagaand se verrrigtinge begin om 17:00. Ons begin Woensdagoggend om 07:00 met registrasie.
NB! Onthou asb. om jou kaartjie saam te bring. Dit word by die registrasietafel geskandeer. Jy kan jou kaartjie uitdruk of die PDF-kaartjie op jou foon wys.
Tydens registrasie sal jy ’n naamkaartjie en ’n “armband” ontvang. Jy moet te alle tye jou “armband” dra om toegang te verseker tot die aand en die volgende dag se verrigtinge.
Rig navrae aan [email protected].
***
Good afternoon,
We are very excited to welcome you on Tuesday and Wednesday (4 & 5 March) to the Landbouweekblad and Riemland Study Group's Regenerative Agriculture Conference in Reitz.
Please find the programme attached.
Tuesday's programme will take place at Danie Slabbert's Van Rooyenswoning. Click HERE for directions. Registration begins at 09:00. Please dress comfortably – conference attendees will be transported by truck to the various visitation points.
Tuesday evening and Wednesday's programmes will take place at the Reitz showgrounds. Click HERE for directions.
Tuesday evening's proceedings start at 17:00. We will begin on Wednesday morning at 07:00 with registration.
Important! Please remember to bring your ticket. It will be scanned at the registration table. You can print your ticket or show the PDF ticket on your phone.
During registration, you will receive a name badge and a "wristband." You must always wear your “wristband”at all times to ensure access to the evening and the next day's proceedings.
Direct inquiries to [email protected].