Jannie du Toit - Doep is nie dood nie
Wed Dec 18, 19:30 - Wed Dec 18, 22:00
2 Reservoir St
ABOUT
DOEP IS NIE DOOD NIE
Jannie du Toit
Susan Mouton – tjello
Chanie Jonker – klavier en akkordeon
Hierdie program, saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste, is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Veertig jaar na sy afsterwe (in 2024) word dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n “eenmanvertoning” oor Koos se werk aan te bied.