Gereformeerde kerk Stilbaai
About
Na hul die eerste keer saam opgetree het oor Desember 2024, het Jannie Moolman en Petronel Baard besluit om voort te gaan met hul sonderlinge kombinasie in 'n nuwe produksie, vol hartsmusiek.
Met goeie rede!
Hulle sing ongelooflik mooi saam, gehore is dit eens, maar hul deel ook kenmerke in persoonlikheid en aanslag in hul aanbieding wat heerlike humor, eerlike openhartigheid asook 'n liefde vir musiek en Afrikaans insluit.
Gekombineerd met die talentvolle Suidweskaapse pianis, Franco Engelbrecht, bring hul 'n vars vertoning gevul met liefde en alles wat mooi uit 'n hart wat vol is, na gehore in 2025.
Kom word verras en betower!