Die Drie Kaalkoppe by Grootbek op Kleinmond

Thu Dec 19, 20:00 - Thu Dec 19, 23:00

The Shed

ABOUT

Drie gesoute reisigers op die agterpaaie, ompaaie en kortpaaie van die lewe – Koos Kombuis, Dana Snyman en Erns Grundling – deel herinneringe deur voorlesings, gedigte, staaltjies, stories en musiek, wat ’n paar verrassende Koos-liedjies insluit. Die produksie het ’n sterk reistema en is gestruktureer rondom verskeie onderwerpe, maar daar is meer as genoeg ruimte vir spontane oomblikke en nuwe insigte. Koos, Dana en Erns is bekend by lesers, kykers en feesgangers vir hulle humor, deernisvolle blik en fyn waarnemings. Hulle het baie meer ooreenkomste as die feit dat hulle al drie kaalkoppe is! Drie Kaalkoppe kuier tesame se doel is om te vermaak, te inspireer en vir teatergangers hoop te gee vir al die reise - in persoon en na binne - wat vir almal voorlê in hierdie geliefde maar ook geknelde land. Beperkte sitplek, bespreek jou kaartjie voor dit te laat is.


Optredes geskied in The Shed, voorheen ’n perlemoen fabriek in die Kleinmond hawe. Die informele teater met sitplek vir slegs 200 is ideaal geskik vir ‘n fees van plaaslike talent. Daar word verwag dat die beperkte aantal kaartjies vinnig opgeraap sal word. 


Vir meer inligting email; [email protected]

DIRECTIONS

Die Drie Kaalkoppe by Grootbek op Kleinmond
The Shed
Harbour Rd, Kleinmond, 7195
Get Directions