Grootbek op Kleinmond

About

Maak reg vir lekker saam sing, lag, en dans in die Overberg hierdie Desember!


‘GrootBek op Kleinmond - 2023’ is ‘n mini kunstefees wat oor ses daë geskied. Die fees is in die tweede jaar van sy bestaan, en word met trots aangebied deur Johan Badenhorst van Voetspore in samewerking met ‘Safari Biltong Speserye’.


Van ons land se voorste vermaaklikheiskunstenaars sal deel vorm van die vakansie atmosfeer in die Overstrand dorpie. Dit sluit in Valiant Swart, Anton Goosen, Radio Kalahari Orkes, Barry Hilton, Frazer Barry, Desiré Gardner as Magda Louw, Neil Sandilands en Die Band.


Optredes geskied in The Shed, voorheen ’n perlemoen fabriek in die Kleinmond hawe. Die informele teater met sitplek vir slegs 200 is ideaal geskik vir ‘n fees van plaaslike talent. Daar word verwag dat die beperkte aantal kaartjies vinnig opgeraap sal word. 


Hierdie jaar het jy ook die opsie om vir net R50 extra, ‘n heerlikke fynproewers ‘Food Truck Burger’ saam met jou kaartjie te kry! “Dinner and a show” soos hul sê.


Die fees duur van 17 tot 22 Desember 2023, en kaartjies is slegs beskikbaar by Quicket.

Vir meer inligting email; [email protected]

Contact info