Baby on Board-voorgeboortekursus

Mon Jul 28, 18:00 - Mon Aug 25, 18:00

Lewende Woord Bloemfontein

ABOUT

Die koms van ’n baba vul enige voornemende ouer met opgewondenheid, maar ook angs. Jy kan waarskynlik nie wag om die klein mensie wat God aan jou toevertrou het te ontmoet en vas te hou nie, maar soms kan ’n mens nie help om onseker te wees oor hierdie nuwe seisoen in jou lewe nie.


Babas kom nie met handleidings nie, maar Lewende Woord Bloemfontein se voorgeboortekursus kan help om jou voor te berei op hierdie lewensveranderende en verrykkende ouerskapreis.


Die voorgeboortekursus vind plaas vanaf Maandag 28 Julie tot Maandag 25 Augustus 2025, vanaf 18:00. Dit is ’n vyfweekkursus wat deur kundiges in hul onderskeie velde aangebied word. Die koste beloop R300 per paartjie vir die volledige kursus en sluit ’n inligtingstuk in.


Die volgende sprekers gaan jou toerus om ouerskap met selfvertroue aan te pak:


Sr. Anja Stander (verpleegkundige): Wat om te verwag ten tye van die geboorte (normaal en keiser) en ook die moets en moenies van immunisasie

Leandri van der Berg (borsvoedingkonsultant): Borsvoed met sukses

Dr. Elizna van Aardt (dokter): Algemene kwale en skete in babas en die hantering daarvan, asook veiligheid in en om die huis

Megan Lewis (oogkundige): Die wonder van ’n baba se sig

Carmen Maré (arbeidsterapeut): Die fisieke ontwikkeling van ’n baba – watter mylpale moet jy op die uitkyk voor wees en hoe om dit te identifiseer

Elizma Kriel (kinderbedieningsleier): Jou geestelike reis as ouer; die kies van jou baba se naam


Koop julle kaartjies vandag nog en maak seker julle is slaggereed vir julle baba se koms.


Navrae: Elizma by 082 773 4103

DIRECTIONS

Baby on Board-voorgeboortekursus
Lewende Woord Bloemfontein
Faan Ferreira Ave, Spitskop Small Holdings, Bloemfontein, 9301
Get Directions