Lewende Woord Bloemfontein

About

Is jy op soek na ’n aktiwiteit wat julle as gesin saam kan geniet?


Kom kuier op Vrydag 21 Augusuts saam by Lewende Woord Bloemfontein Kruiskidz se fliekaand.


Nie net gaan ons The Lion King 1½ op die groot skerm geniet nie, maar die kinders kan uitsien na heerlike karnavalspeletjies.


Kaartjies kos slegs R80 per persoon en sluit in:

* Springmielies

* Worsbroodjie

* Koeldrank


Daar sal ook slush puppies en spookasem te koop wees.


Datum: Vrydag 21 Augustus

Deure open: 17:30


Bring die hele gesin. Nooi jou vriende, bure en maats van ander gemeentes. Almal is welkom.


Moenie net by ander hoor hoe lekker dit was nie... wees daar.


Bespreek jou kaartjies vandag – ons sien uit daarna om hierdie aand saam met julle te geniet!


Navrae: Elizma Kriel by 082 773 4103.

Contact info