Lewende Woord Bloemfontein
About
’n Taai suigstokkiesoen op jou wang. ’n Oros-kol op jou nuwe rok. Modderspatsels op jou skoene danksy iemand wat soos Peppa in ’n muddy puddle wou spring.
Woorde soos “gesofistikeerd” en “ma-wees” is nie aldag pasmaats nie, maar by Lewende Woord Bloemfontein se spesiale asemskepoggend vir swanger mammas en nuwe mammas gaan ons dit verander.
Op Saterdag 29 November om 09:00 gaan Suster Appel kom gesels oor emosionele welstand ná geboorte en praktiese selfsorgwenke deel.
Kom geniet iets lekkers om te eet en drink in Lewende Woord se koffiewinkel, ontmoet ander wonderlike mamma’s en gaan huis toe met ’n stukkie inspirasie vir jou mamma-pad.
Trek jou tekkies aan, bring jou glimlag en jou vriendin kom vier saam met ons die mooi in mamma-wees