Family friendly

Doep is nie dood nie

Sun Dec 22, 18:00 - Sun Dec 22, 19:30

NG Gemeente Jeffreysbaai Kompleks-kampus

ABOUT

As dit gedaan is en verby

die aarde weer sy erfdeel kry

sal hierdie kluisenaar in my

nog iewers in ’n boekrak bly”

 

Koos du Plessis (10 Mei 1945 – 15 Januarie 1984)

 

 

Hierdie program, saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste, is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Veertig jaar na sy afsterwe (in 2024) word dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n “eenmanvertoning” oor Koos se werk aan te bied.


Jannie word deur Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) begelei.

DIRECTIONS

Doep is nie dood nie
NG Gemeente Jeffreysbaai Kompleks-kampus
3 Olienhout St, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330
Get Directions