NG Gemeente Jeffreysbaai
About
De wals van de liefde
Jannie du Toit (stem en kitaar)
Met Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (alt-saxofoon)
Jannie se gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu – van ernstig tot ballades oor die liefde en die lewe tot vrolike pret. Die liedjies sluit die in waarvoor gehore altyd weer vra soos Madeleine en Marieke van Brel asook liedjies van onder andere Jules de Corte en Herman van Veen.
KOMMENTAAR deur gehoorlede:
De Wals van De Liefde was 'n verkennende reis van hoe die gees van die tyd in musiek weerkaats kan word. Van die gewone man se versugting om munisipale regulasies te verander of Jan Taks te fnuik tot hoe oorlog verhoudings beinvloed. Die sterkste punt van die vertoning is juis die keurige samestelling, 'n fyn versameling wat 'n kykie in menswees gee. Jannie du Toit bly in beheer van die inhoud op 'n meesterlike manier met die Dednam-egpaar wat aan hom ruimte bied om homself as kunstenaar en mens uit te leef. Die Dednams is ook 'n hoogtepunt van die vertoning met Marcel knap met verwerkings en Deryn fleurig en vroulik met haar sigeunerrok en saksofoon-vertolkings van musiek oor vele dekades.
Elize Parker (joernalis)
….
De Wals van die liefde met Jannie du Toit, uitstekend bygestaan deur Marcel en Deryn Dednam op klavier en saksofoon is ‘n nostalgiese reis wat musikaal en emosioneel ‘n meesleurende ervaring is.
Jannie vertolk die Nederlandse liedere kultuurskat meesterlik met bindingsteks wat die program van nagenoeg 100 minute seepglad laat verloop.
Louis Dey (gehoorlid)
….
Vintage Jannie du Toit! Dit was Sondagmiddag. Almal wat al sy Nederlandse liedjies beleef het, was daar in die Atterbury. 'n Lang staande ovasie het bevestig dat dit uitsonderlike gehalte musiek is. Kabaret, saam met Marcel en sy vrou Deryn op klavier en saksofoon. Vir die fynproewer! DE WALS VAN DE LIEFDE.
Philip Nel (gehoorlid)