Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2024 – Reitz

Mon Mar 11, 08:00 - Tue Mar 12, 13:00

Reitz-skouterrein

ABOUT

Grond is waar alles vir die landbou begin. Die stille held wat gewasse voed en lewe onderhou. Tydens Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie op Reitz gaan ons ontdek hoe kennis van grondeienskappe en -gesondheid saam met ander landboupraktyke ingespan kan word om 'n boerdery volhoubaar en veerkragtig te maak.


Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie op 11 (lesingsdag) & 12 Maart (praktiese dag) 2024 op die Reitz-skouterrein is ’n moet vir enige boer wat wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer.


’n Moet vir jou boerdery, want:

– Jy gaan leer by kenners en wetenskaplikes aan die voorpunt van navorsing en kers opsteek by boere wat elke dag herlewingslandboupraktyke op hul plaas leef en toepas, en miskien nog belangriker die heeltyd aanpas.

– Jy kan praktiese wenke kry om winsgewendheid op jou plaas te verbeter omdat herlewingslandbou jou in staat stel om 'n oes af te haal met minder insetkoste, terwyl jy jou biologiese bates soos jou grond en natuurlike weiding deurgaans uitbou.

– Jy gaan eerstehands tydens 'n plaasbesoek saam met kenners in die veld stap, die wonder van ultrahoëdigtheidsbeweiding beleef en tydens boereproewe kan sien hoekom herlewingslandbou vir boere werk.

– Jy kan skouers skuur en netwerke opbou met 'n gemeenskap van boere wat net soos jy goedkoper en meer volhoubaar wil boer en wat reeds aansienlike skoolgeld betaal het in die verband.


Kom luister na:


Boere:

Nick Vos, Kansas, VSA

Danie Slabbert, Reitz

DF Fyfer, Louwna

Pikkie Uys, Volksrust

Danie Bester, Balfour

Bruce Shepherd, Bergville

Hendrik Odendaal, Standerton

James Brodie, Graaff-Reinet

Petrus van Eeden, Harrismith


Kenners:

Douw Steyn, Barenbrug

Jean Kuiper, Real IPM

Prof. Karin Jacobs, Stellenbosch Universiteit

Themba Rikhotso, Land Bank

Dawie du Plessis, Agricol

 

’n Kaartjie kos R1 850. Bespreek voor 17 Februarie 2024 en betaal net R1 600. Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800 GRATIS wanneer jy ’n kaartjie koop.


Rig navrae aan [email protected].


Met trots geborg deur VKB, Case IH, Standard Bank, Barenbrug en Real IPM.

DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2024 – Reitz
Reitz-skouterrein
Sarel Cilliers St, Reitz, 9810, South Africa
Get Directions