Landbouweekblad: Herlewingslandboukonferensie 2024 – Somerset-Wes

Thu Mar 7, 08:00 - Thu Mar 7, 15:00

Lord Charles Hotel

ABOUT

Grond is waar alles vir die landbou begin. Dis nie leeg nie, dit huisves verskillende prosesse waarin mikro-organismes en sekere plantvoedingselemente in wisselwerking is. Dit kan tot voordeel van jou boerdery bestuur word. Boere kan by Landbouweekblad se eendagkonferensie in Somerset-Wes leer hoe kennis van grondeienskappe saam met ander landboupraktyke ingespan kan word om hul boerdery volhoubaar en veerkragtig te maak.


Landbouweekblad se Kaapse Herlewingslandboukonferensie op 7 Maart 2024 vanaf 08:00 tot 15:00 by die Lord Charles Hotel, Somerset-Wes is ’n moet vir enige boer wat wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar en veerkragtig wil boer.


TEMA: VERSTAAN DIE GROND EN MAAK JOU BOERDERY VOLHOUBAAR EN VEERKRAGTIG 


’n Moet vir jou boerdery, want:

– Jy gaan leer by kenners en wetenskaplikes aan die voorpunt van navorsing.

– Jy kan praktiese wenke kry om die grond beter te verstaan en meer winsgewend en volhoubaar te boer.

– Jy kan van medeboere, wat reeds aansienlike skoolgeld betaal het, leer.


Sprekers by die Kaapse konferensie is:

Prof. Don Cowan (UP) – Grondmikrobiome in nege Afrikalande suid van die Sahara en wat dit vir boere beteken

Prof. Pieter Swanepoel (US) – Wat weet ons na tien jaar van navorsing oor stikstof in kleingraan?

Prof. Karin Jacobs (US) – Kweek veerkragtigheid: Ontdek die rol van grondmikrobiome in herlewingslandboupraktyke

Mnr. Vivian White (EnviroScientific) – Verstaan fosfor in die grond

Dr. Izane Crous (Omnia) – Verstaan die rol van stikstof in die grond en atmosfeer

Dr. Pieter Raath (sitrusnavorsingsinstituut en Labserve, Somerset-Wes): Bemesting en besproeiing by langtermyngewasse

Me. Jean Kuiper (RealIPM) – Grond en geïntegreerde plaagbestuur

 

Paneel oor grondontleding met boere en landboukundiges

Daan Brink (appels, Two-a-day, Grabouw)

Johan Hanekom (kleingraan, Moorreesburg)

Jose de Kock (kleingraan, Napier)

Ivan Jansen van Rensburg (Barenbrug)

Dawie du Plessis (Agricol)

 

’n Kaartjie kos R950. Middagete ingesluit. Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800 GRATIS wanneer jy ’n kaartjie koop.


Rig navrae aan [email protected].


Met trots geborg deur Land Bank, Case IH, Standard Bank, Bayer, Barenbrug, Agricol en Real IPM.

DIRECTIONS

Landbouweekblad: Herlewingslandboukonferensie 2024 – Somerset-Wes
Lord Charles Hotel
Broadway Blvd & Main Rd, Winston Estate, Cape Town, 7140
Get Directions