FREE OPTIONS
Family friendly

GnT, duo Thys en Gino: “Is daar 'n man op die maan?”- show

Fri Jan 5, 19:00 - Fri Jan 5, 21:00

Droombos Garden Route

ABOUT

"GnT, duo Thys en Gino: 'Is daar 'n man op die maan?'- show vind plaas op Vrydag, 5 Januarie 2024, en is die afsluitingskonsert van die Droombos-Skemerkonsertreeks.  


Die kaartjie kos R120 per persoon vir dié opwindende groep se vertoning.   Kinders 0.12 se kaartjies is gratis.


Hoewel beperkte aantal stoele beskikbaar is, is jy welkom jou eie stoele en/of komberse saam te bring om in ons boomtuin, in die skemer op die gras, die vertoning te geniet en saam te kuier.


Spitbraai-etes, boerworsrolletjies, koeldranke, water, koffie, tee en soetgoed sal te koop wees. Ongelukkig mag jy nie jou eie eetgoed na die vertoning bring nie. Jy mag wel wyn saambring met 'n kurkfooi van R30.


Kaartjies is R 120 per persoon. Kinders onder 12 is gratis, maar jy moet steeds 'n gratis kaartjie bespreek vir hulle toegang en hulle moet deur 'n volwasse-kaartiie-houer vergesel word.


GnT se lewendige vertonings, is van die beste wat jy kan kry. Dinamiese vertolkings van bekende liedjies en natuurlik van hulle eie treffers. Hierdie vertonings is afgerond en ontwerp om net die beste vermaak aan die gehoor te bring. Iets waarop hulle opreg trots is.


In 2022 was GnT genomineer vir 4 toekennings by die Afri-Indie musiektoekennings en het hulle die toekennings vir “best duo album” in die popkategorie asook “best duo act” in die popkategorie gewen. In 2023 het hulle die manlike duo kategorie gewen met “Dis ‘n Manneding”.


Vir meer inligting: +27 82 333 6479

DIRECTIONS

GnT, duo Thys en Gino: “Is daar 'n man op die maan?”- show
Droombos Garden Route
Cnr of R102 and Sorgfontein Road, Tergniet, Groot Brakrivier, 6525
Get Directions