FREE OPTIONS
Family friendly

Van Piet Pompies tot Pieter Rischmuller 1992 - 2023

Fri Dec 22, 19:00 - Fri Dec 22, 21:00

Droombos Garden Route

ABOUT

"Van Piet Pompies tot Pieter Rischmuller 1992 - 2023" - show op 22 Desember 2023, Saterdag, 2023, is 'n hoogtepunt van die Droombos-Skemerkonsertreeks.  


Kaartjies is R 170 per persoon. Kinders onder 12 is gratis, maar jy moet steeds 'n gratis kaartjie bespreek vir hulle toegang en hulle moet deur 'n volwasse-kaartiie-houer vergesel word.


Hoewel beperkte aantal stoele beskikbaar is, is jy welkom jou eie stoele en/of komberse saam te bring om in ons boomtuin, in die skemer op die gras, die vertoning te geniet en saam te kuier.


Spitbraai-etes, boerworsrolletjies, koeldranke, water, koffie, tee en soetgoed sal te koop wees. Ongelukkig mag jy nie jou eie eetgoed na die vertoning bring nie. Jy mag wel wyn saambring met 'n kurkfooi van R30.


Dié voormalige hoofsanger van die dinamiese, skreeusnaakse groep DJ Ossewa, Pieter Rischmuller, AKA Piet Pompies, het sedert 2022 talle nuwe liedjies vrygestel. “Anything” ontvang die Afri-Indie toekenning in 2022 vir die Southern Rock enkelsnit van die jaar en Pieter ontvang ook die Afri-Indie Toekenning vir  musiek video, asook live act vir 2022. “Anything” haal ook die trefferlyste van verskeie radiostasies in die VSA en is by die SA Country Music Awards, as beste Manlike Country Single vir 2022 aangewys.

.

“Christamas Star” was Pieter se eerste Kersfees liedjie wat hy saam met die gewilde SA Country groep WEST opgeneem het. Die lied is ook wereldwyd op radio stasies gehoor. “Boshoff Afrikaners” is in 2023 steeds op trefferparades in SA, en was in Bloemfontein sewe weke op nommer een op Rosestad Stereo, en het selfs die nommer een posisie beklee in Mpumalanga op Radio Laeveld. “Boshoff Afrikaners” is ook genomineer vir ‘n toekenning vir beste Afrikaanse lied deur Afri-Indie vir 2023.


Pieter is vanjaar weer genomineer deur die Afri-Indie Awards in ses kategorieë. Een van die nominasie is vir sy nuutste vrystelling getitel “Oh Yeah”.

 

Hy het die transformasie van Piet Pompies tot Pieter Rischmuller suksesvol en strategies gemaak, en sy musiek is beskikbaar op alle digitale platforms. As ‘n mens luister na sy groot verskeidenheid van musiek, sy sukses oor die wêreld, en sy optredes bywoon kan jy verstaan waarom hy as een van Suid-Afrika se musiek-legendes bestempel word deur gehore dwarsoor die land.

 


Vir meer inligting: +27 82 333 6479

DIRECTIONS

Van Piet Pompies tot Pieter Rischmuller 1992 - 2023
Droombos Garden Route
Cnr of R102 and Sorgfontein Road, Tergniet, Groot Brakrivier, 6525
Get Directions