FREE OPTIONS
Family friendly

"Petronel Baard en Bacchus Nel: Raam Dit - Legendes in hul tyd"

Sat Dec 23, 19:00 - Sat Dec 23, 21:00

Droombos Garden Route

ABOUT

"Petronel Baard en Bacchus Nel: Raam Dit - Legendes in hul tyd" - show op 23 Desember 2023, Saterdag, 2023, is 'n hoogtepunt van die Droombos-Skemerkonsertreeks.  Die kaartjie kos R120 per persoon vir dié dubbel-kunstenaar vertoning.   Kinders 0.12 se kaartjies is gratis.


Hoewel beperkte aantal stoele beskikbaar is, is jy welkom jou eie stoele en/of komberse saam te bring om in ons boomtuin, in die skemer op die gras, die vertoning te geniet en saam te kuier.


Spitbraai-etes, boerworsrolletjies, koeldranke, water, koffie, tee en soetgoed sal te koop wees. Ongelukkig mag jy nie jou eie eetgoed na die vertoning bring nie. Jy mag wel wyn saambring met 'n kurkfooi van R30.


Kaartjies is R 120 per persoon. Kinders onder 12 is gratis, maar jy moet steeds 'n gratis kaartjie bespreek vir hulle toegang en hulle moet deur 'n volwasse-kaartiie-houer vergesel word.


Die pragtige dubbel show met Crescendo-wenner en musiek-diva Petronel en digter, skrywer, musiekmaker en sanger Bacchus Nel sal musiek insluit wat van hul bekenste treffers sal vier. 


Van "Oppie plaas", "Herfsman" en "Raam dit met die Son" uit Bacchus se pen, na "Hangers in 'n kas" en "Life is Good" van Petronel beloof hierdie om 'n puik akkoestiese musiekaand vol mooi Suid-Afrikaanse lirieke en besonderse wysies te wees. Hierdie is twee musieklegendes in hul eie tyd.



Vir meer inligting: +27 82 333 6479


DIRECTIONS

"Petronel Baard en Bacchus Nel: Raam Dit - Legendes in hul tyd"
Droombos Garden Route
Cnr of R102 and Sorgfontein Road, Tergniet, Groot Brakrivier, 6525
Get Directions