FREE OPTIONS
Family friendly

Onblusbaar: My Vlam Brand Kletsrym

Tue Dec 19, 19:00 - Tue Dec 19, 22:00

Droombos Garden Route

ABOUT

Die bekroonde Afrikaanse Kletsrymer en liedjieskrywer Onblusbaar gaan vir een van die uniekste Droombos-skemerkonsert-ervarings die vakansie sorg. 


Onblusbaar is 'n motiveringsrapper. Haar liefde vir Hip-Hop-musiek en die gebruik daarvan as 'n medium om 'n positiewe boodskap te versprei en sosiale kwessies aan te spreek, het op 'n baie jong ouderdom begin. Op die ouderdom van 9 het haar ma vir haar 'n CD gekoop en sy het dadelik verlief geraak op die kuns om woorde en musiek te gebruik om met mense te praat op 'n manier wat by hulle aanklank vind. 


Sy het begin rap en só het die dogtertjie se reis begin sonder dat iemand dit besef het. Op ongeveer 14-jarige ouderdom het sy uiteindelik haar ervarings in lirieke begin vertaal. In 2017 het sy in die top-5 van die Mosselbaai se Got Talent-kompetisie geëindig. In 2018 het sy die D'lmeida Gaatjie Rap-kompetisie gewen. In 2019 behaal sy 'n 2de plek in die Tuinroete Maverix Underdog-sangkompetisie. Sy het toe haar eerste liedjie, Jah Brah, vrygestel. Dit bevat 'n pakkende koor met baie betekenis, perfek vir alle ouderdomme. In 2020 het sy haar volgende enkelsnitte vrygestel. 


Op hierdie stadium was dit duidelik wat sy vir die res van haar lewe wou doen. In 2021 het sy haar studies as klankingenieur begin. Sy gaan voort om hard te werk en musiek vry te stel met 'n boodskap, op te tree, musiek te maak en net te doen waarvoor sy lief is. Ons hoop jy geniet die aand saam met ons. 


Dié Droombos-ervaring se kaartjies kos net R70 en hoewel beperkte aantal stoele beskikbaar is, is jy welkom om ou eie stoele en/of komberse saam te bring om in ons boomtuin, in die skemer op die gras, die vertoning te geniet en saam te kuier. Kinders o.12 is gratis.


Spitbraai-etes, boerworsrolletjies, koeldranke, water, koffie, tee en soetgoed sal te koop wees. Ongelukkig mag jy nie jou eie eetgoed na die vertoning bring nie. Jy mag wel wyn saambring met 'n kurkfooi van R30.


Kaartjies is R70 per persoon. Kinders onder 12 is gratis.



Vir meer inligting: +27 82 333 6479

DIRECTIONS

Onblusbaar: My Vlam Brand Kletsrym
Droombos Garden Route
Cnr of R102 and Sorgfontein Road, Tergniet, Groot Brakrivier, 6525
Get Directions