Moerasperd deur die nag
Sat Oct 14, 09:30 - Sat Oct 14, 10:30
EasyEquities Boektent
ABOUT
Aangebied deur Naledi
Louis Jansen van Vuuren praat met die gesoute joernalis Murray La Vita oor sy derde digbundel, Moerasperd deur die nag. Sy vorige boek, Daar’s ’n vegan op my verandah, is met die gesogte Gourmand-prys vir die beste kookboek ter wêreld bekroon, maar nou het dié skilder-digter, wat sy tyd tussen Frankryk en Suid-Afrika verdeel, hom weer in alle erns tot die poësie gewend. Die skrywer Riana Scheepers beskryf dit as ’n bundel wat “tegelyk digkuns én skildery én musiek is”, met gedigte wat versmelt “tot rokerige skimperde van klank en kleur en versmelodie”.
Presented by Naledi
Louis Jansen van Vuuren talks to seasoned journalist Murray La Vita about his third poetry collection, Moerasperd deur die nag. After the success of his previous book, Daar’s ’n vegan op my verandah, which won the coveted Gourmand World Cookbook Award, the writer-painter, who spends his time between South and France, makes a passionate return to poetry. Renowned writer Riana Scheepers describes the collection as “poetry ánd painting ánd music” with poems that dissolve “into ghostly apparitions of sound and colour and melodic verse”.