ABOUT
Die merkwaardige verhaal van die komponis-pianis Clara Schumann kry lewe in dié klein meesterstuk deur Riana Scheepers waarin die pianis Nina Schumann en die aktrise Carla Smith die rol van die heldhaftige hoofkarakter vertolk. Nina Schumann, wat soos Madame Clara ook ’n pedagoog en konsertpianis is, verklank Clara se storie met klaviermusiek deur die komponiste Robert en Clara Schumann asook Johannes Brahms, Clara se geliefde vriend. Haar lewe van passie, tragiek en bowenal uithouvermoë word in Afrikaans aangebied, begelei deur die universele taal van musiek. Ondersteun deur NATi, Hessequa Harmonie.
STARRING
Carla Smith & Nina Schumann (klavier)
DIRECTIONS
Clara
Fismer
JS Marais, Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7599, South Africa
Get Directions