Proe Tiaan se onthoukos

Wed Oct 11, 12:00 - Wed Oct 11, 14:00

Eike-restaurant

ABOUT

Aangebied deur LAPA


Kom kuier saam met Tiaan Langenegger en Bertus Basson terwyl dié twee oud-Ouverture-kollegas saam kook uit Onthoukos, Tiaan se eerste kookboek. Tussendeur gesels hulle oor die hede en verlede van hulle wêrelde. Die intieme kleinbordjie-ete wat oor en weer gedeel kan word, sal iets verklap van die aanslag van die boek – terug na die basiese dinge– én van sy huisgeure en teksture. Dink melkkos met kaneel, tamatiebredie, Ma se frikkadelle, pampoenkoekies… Kom lig ’n glas op vriende en familie.

DIRECTIONS

Proe Tiaan se onthoukos
Eike-restaurant
5 Blersch St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions