Boekklub: Walter Meyer: Verweerde cowboy
Fri Oct 13, 18:15 - Fri Oct 13, 19:30
Hofmeyrsaal
ABOUT
Aangebied deur Melinda Ferguson Books
Walter Meyer het ’n ding gehad oor lig, skryf sy broer Frans Meyer in die biografie Impossible Skies – Life with my Brother, the Artist Walter Meyer, wat hy met Andries Bezuidenhout bespreek. Walter is in 2017 deur sy vrou met ’n kombuismes doodgesteek, maar anders as wat sy tragiese dood suggereer, was Walter bekend vir sy passie, sagte hart en sy liefde vir die musiek van Koos du Plessis en Gert Vlok Nel. Catharina Scheepers, sy gewese vrou, deel ook haar herinneringe. As bonus word van Walter se oorspronklike skilderye – waaronder ’n roerende selfportret – by die gesprek ten toon gestel, én ’n eksklusiewe reeks van vier kunsafdrukke van sy skilderye deur Heidi Erdmann.