Boekklub: 1001 Nagte in die magiese Persië
Wed Oct 11, 18:15 - Wed Oct 11, 19:30
Hofmeyrsaal
ABOUT
Aangebied deur Hemel & See Boeke
Die eeue oue verhale in Duisend-en-een-nagte, Wium van Zyl se Afrikaanse vertaling van die beroemde Irans-Nederlandse skrywer Kader Abdolah se 1001 Nacht, handel uitsluitlik oor vroue – jong vroue, oumas, vindingryke diensmeisies en verleidelike slavinne. Die mees uitgeslape is die verteller, Sjeherazade, wat elke nag ’n verhaal moet uitdink sodat die meedoënlose koning liefs haar dye soen en haar lewe vir nog ’n nag spaar. Kader is self hier om saam met Wium meer te vertel omtrent dié grootse letterkundige kultuurskat van die Midde-Ooste met sy flonkerende geheime. Anastasia de Vries gesels met hulle, terwyl Radio 786 se Fatima Allie en Suidooster se Irshaad Ally uit die sensuele stories voorlees.