Bitterkomix 19: Hoe lank meen ons om hier uit te hou?
Wed Oct 11, 12:00 - Wed Oct 11, 13:00
Victoria Hub: Gesprekslokaal
ABOUT
Aangebied deur Soutie Press
Met hulle kenmerkende satiriese styl keer Conrad Botes (Konradski) en Anton Kannemeyer (Joe Dog) terug met ’n nuwe uitgawe van Bitterkomix, die kultusstrokiesprent wat in 1992 begin is terwyl hulle studente aan die US was. Bitterkomix 19 konfronteer skynheiligheid, dubbele standaarde, opsetlike onkunde, en bowenal: dít wat ons geword het. Offerlammers, heilige koeie, Judasbokke, die hele laaswerf word in Bitterkomix 19 gespitbraai. Skrapkultuur, seksisme, satire, kuns, bevoorregting en mishandeling is op die spyskaart. Donker, humoristies en ongemaklik.