Trama kasie vir Arabies
Wed Oct 11, 15:00 - Wed Oct 11, 16:00
Victoria Hub: Gesprekslokaal
ABOUT
Aangebied deur Jacana Media
In sy komiese reeks Living...-sketse oor die lewe in ’n Moslembuurt speel die bekende skrywer en TV-aanbieder Yusuf Daniels met woorde soos kanala, trama kasie, salaam en oemie. Yusuf lees voor as eel van ’n gesprek tussen Shamiega Chaudhari, Hein Willemse en Mogamat Alexander waarin die Arabiese wortels van hierdie woorde en die ryk erfenis van Afrikaans uit die Kaapse Moslemgemeenskappe verken word. Hein het die voorwoord geskryf vir die heruitgawe van wyle Achmat Davids se The Afrikaans of the Cape Muslims (nou The Arabic Afrikaans Writing Tradition), terwyl Mogamat Dictionary of Loanwords in the Cape Muslim Vernacular saamgestel en uitgegee het.