FREE OPTIONS
No under 18s

Huis Marais 75 + 1 Reunion | Reünie

Fri Sep 15, 18:30 - Sat Sep 16, 23:00

Huis Marais Residence | Koshuis

ABOUT

(Afrikaans volg ná die Engels.)


Get ready for a good time!


We kick off the Friday with an alumni rugby match at the Coetzenburg Stadium. There will be a braai at the field, and we will all be hanging out together for an amazing evening.


A business discussion follows on Saturday morning in the reading room at Huis Marais. We will be inviting a few big guns who are alumni of the House to give their opinions on the economic future of the country. They will also share some tips on what they have learnt on their way to success.


Directly after the business discussion, we will be establishing an official alumni committee for the residence. We have recently come to realise that we need a group of alumni who can assist in connecting the broad Huis Marais alumni community with each other and with the residence.


On Saturday afternoon, you will have the opportunity to get together as year groups and groups of friends for lunch somewhere, or to visit a wine farm and relive highlights from your time at Stellenbosch. We leave these arrangements up to you.


The celebrations will be culminating in the official reunion dinner at Huis Marais on Saturday evening. The menu will be featuring a tasty dinner, one or two stories, a wine tasting, and a Huis Muis auction, followed by an opportunity to socialise. The Lekkerlê club will also be open.


You could also relive the entire residence experience, as we will be opening 30 double rooms for booking on Friday and Saturday evening.


Should you feel like running out onto the field for the alumni rugby game, please fill in your name, number, position and the date of your first-year group at this link: Click here if you want to play.


Programme for the weekend:


Friday 15 September 2023


Alumni rugby match: 18:30

Rugby braai: 21:00 until late

Venue: Coetzenburg Club, Danie Craven Stadium


Saturday 16 September 2023


Business discussion: 10:00 to 12:00

Establishment of alumni committee: 12:00 to 13:00

Official Reunion dinner: 18:00 until late

Venue: Huis Marais Residence


Prices

Alumni rugby match : R50 per person (includes a boerewors roll – the Coetzenburg Club will be open for drinks)

Business discussion: R50 per person

Special house meeting, stablishment of alumni committee: Free

Official Reunion dinner: R520


Accommodation

Huis Marais: R250 per night (As you will be required to book for two evenings, the total cost for the weekend amounts to R500.)


Please feel free to contact me for any further enquiries, by email at [email protected], or by phoning 060 994 8703.


We cannot wait to spend some time with you.


Greetings from the House.


Zack van Zyl

HC Member: Alumni Relations



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Maak gereed vir ’n aangename tyd!


Ons skop die Vrydag af met ’n alumni-rugbywedstryd by die Coetzenburg-stadion. Daar word gebraai langs die veld en sommer lekker saamgekuier.


’n Sakegesprek in Huis Marais se leeskamer volg die Saterdagoggend. Ons nooi ’n paar grootkoppe, almal alumni van die Huis, om hul sienings oor die ekonomiese toekoms van die land te gee. Hulle deel ook ’n paar wenke oor wat hulle op hul pad na sukses geleer het.


Direk ná die sakegesprek wil ons ’n amptelike alumni-komitee vir die koshuis stig. Ons het die afgelope tyd besef daar is ’n behoefte aan aktiewe skakeling tussen die breë alumni-gemeenskap van Huis Marais en die koshuis.


Die Saterdagmiddag kry julle die geleentheid om as jaargroepe en vriendegroepe saam iets te gaan eet of ’n wynplaas te besoek en julle Stellenbosse hoogtepunte te herleef. Ons laat hierdie reëlings oor aan jou.


Die vieringe bereik die Saterdagaand ’n hoogtepunt met die offisiele Reünie ete by Huis Marais. Op die spyskaart is ’n smaaklike ete, een of twee stories, ’n wynproe, ’n Huis Muis-veiling, gevolg deur ’n heerlike geleentheid vir saamkuier. Die Lekkerlê-klub sal ook oop wees.


Julle kry ook die geleentheid om weer die totale koshuiservaring ten volle te herleef, aangesien ons 30 dubbelkamers oopstel vir bespreking vir die Vrydag- en Saterdagaand.


Indien jy lus is om op die rugbyveld uit te draf vir die alumni-wedstryd, vul asseblief jou naam, nommer, posisie en die datum van jou eerstejaarsgroep by hierdie skakel in: Klik hier as jy wil speel.


Program vir die naweek:


Vrydag 15 September 2023

Alumni-rugbywedstryd: 18:30

Rugby-braai: 21:00 tot laat

Plek: Coetzenburg-klub, Danie Craven-stadion


Saterdag 16 September 2023

Sakegesprek: 10:00 tot 12:00

Stigting van die alumni-komitee: 12:00 tot 13:00

Amptelike Reünie ete: 18:00 tot laat

Plek: Huis Marais-koshuis


Koste

Rugby-braai: R50 per persoon (sluit ’n boereworsrol in – die Coetzenburg-klub sal oop wees vir drankies)

Sakegesprek: R50 per persoon

Huisvergadering, stigting van alumni-komitee: Gratis

Amptelike Reünie ete: R520


Verblyf

Huis Marais: R250 per nag (Jy moet egter vir twee aande bespreek, en daarom beloop die totale koste R500 vir die naweek.)


Kontak my gerus vir enige verdere navrae, per e-pos by [email protected], of by 060 994 8703.


Ons kan nie wag om tyd saam met julle deur te bring nie.


Huisgroete.


Zack van Zyl

HK-lid: Alumni-betrekkinge

DIRECTIONS

Huis Marais 75 + 1 Reunion | Reünie
Huis Marais Residence | Koshuis
Huis Marais, Bosman St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7599
Get Directions