Stellenbosch University
Reviews
"Die reünie was great, baie dankie! Opbouende kommenraar: Alhoewel musiek lekker is om gees te skep, kon ons geen sinvolle gesprek voer by die etenstafel nie. Musiek eenvoudig te hard. Ons woon nie 'n reünie by vir musiek nie, maar om te PRAAT met ou vriende. Sien julle DV oor 4 jaar. Huis bo! "
- Francois De Wet
"Baie dankie vir al die moeite wat julle gedoen het om hierdie byeenkoms so lekker te maak. Ek dink een en elk van ons het dit baie geniet. Ons kan dit gerus maar weer doen!"
- Anonymous
"Baie dankie aan die organiseerders. Ek was slegs Vrydagaand betrokke gewees, maar het dit vreeslik baie geniet. Dit het my verbaas oor wie almal daar opgedaag het. Ek was aangenaam verras gewees.
Die huidige Huismanne het hulle besonders goed gedra en ek kan sien dat daar is 'n goeie gees onder die manne. Kos was puik, braaiers was goed en overall gedink dit was baie goed gewees.
Die drank pryse was vir my nogal hoog gewees. Al negatiewe ding wat ek tydens die aand ervaar het, was die werkers agter die kroeg toonbank. elke keer as jy 'n bier of iets koop dan vra hulle vir 'n tip. Die kwaliteit van die barmanne was nie goed gewees nie. Maar dit was iets buite jul beheer gewees.
weereens well done en baie baie dankie"
- Herman