E. (Sussie) Kotze vier 90

Thu Oct 12, 13:00 - Thu Oct 12, 14:00

EasyEquities Boektent

ABOUT

Aangebied deur Kwela


Kom klink ’n glasie op Sussie Kotze, haar nuwe roman, Hulle noem haar Carminda, én haar 90ste verjaarsdag op 17 Oktober saam met die gesprekvoerder, Isabella Niehaus. Die storie begin waar die skipper Mias Mulder uit Walvisbaai terugkeer na Ei-Land aan die Weskus nadat hy hoor ’n ander man kuier by sy verloofde. Hy leen ’n motorfiets en kom op die lang tog ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy klou styf agterop die motorfiets aan hom vas. Geleidelik word haar hartseer herkoms bekend. ’n Verhaal van liefde wat – byna – alles bedek deur dié geliefde Weskusskrywer. Dean Balie lees voor.

DIRECTIONS

E. (Sussie) Kotze vier 90
EasyEquities Boektent
Annex next to the SU Museum, 52 Ryneveld St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions