No under 18s

ROOIBLOM

Tue Aug 8, 18:30 - Tue Aug 8, 23:00

Blohmhuis Teater

ABOUT

RooiBlom, die dinamiese duo wat bestaan uit die bekroonde sangeres, Nadine Blom,asook die veelsydige kitaarspeler en sanger Die Rooiwynprofeet, beloof om met die akkoestiese klanke van kitare tesame met ‘n duet van stemme so uiteenlopend soos heuning en Whisky, jou hierdie winter warm te hou.

Nadine Blom , het regoor Suid – Afrika bekendheid verwerf vir haar vurige rooikop, warm verhoogpersoonlikheid en fluweelstem. Sy het twee SAMA Toekennings (South African Music Awards), ‘n Ghoema toekenning, Bokkie toekenning en Flam Toekenning verwerf vir haar bydrae tot die Suid Afrikaanse musiekbedryf en goue status verwerf met etlike vrystellings.

Die Rooiwynprofeet, oftewel Michael Jonker, is ‘n sanger en liedjieskrywer van, ondermeer liedjies soos "Briewe" en "Die Besem" welke beide al groot sukses behaal het. Die Besem het, onder andere, Bok Radio 98.9fm se Top 30 gehaal, waar dit vir etlike weke in die Nommer 1 posisie was. Die Rooiwynprofeet, met sy hipnotiese rasperstem is al genooi om op te tree by die KKNK, Kuier op die Gras en het 'n hele paar uitverkoopte vertonings gehad by Heroes Restaurant in Kaastad. Hy is in 2023 genooi om saam met van ons land se grootste kunstenaars te speel op die MSC Sinfonia, oftewel die BokRadio Bokboot 2023.

Rooiblom beloof om ‘n intieme vertoning te wees waar jy die geleentheid het om hierdie twee voortreflike kunstenaars beter te leer ken deur die betowerende klanke van hulle musiek.


Deure open 18h30

Vertoning begin 20h00


'n Charcuterie bord per elke 6 gaste is ingesluit.


Kontant kroeg, etes beskikbaar asook heerlike Illy koffie en varsgebakte koek.

DIRECTIONS

ROOIBLOM
Blohmhuis Teater
36 Michau St, Van Ryneveld, Cape Town, 7139
Get Directions