Family friendly

LANDBOUWEEKBLAD - OVK KLEINVEE DAG

Thu Apr 20, 10:00 - Thu Apr 20, 15:00

Rondom, Loxton

ABOUT

Bedrywe trek saam op grensverskuiwende boeredag

Hoe winsgewend en volhoubaar is die kleinveebedryf nog? Dis ’n vraag wat talle boere vra ná die afgelope paar jaar se kwaai droogte, die covid-19-skokke, bek-en-klouseeruitbrekings en die huidige buitensporig trae verbruikersvraag wat produsentepryse afwaarts dwing. En niemand spring dit vry nie. Nie die wol-, bokhaar- of die vleisbedryf nie.

Vir boere is daar geen ander keuse nie as om beter opbrengste te bewerkstellig, hoër pryse te behaal en om koste te besnoei.

Dit is teen die agtergrond van papierdun-marges dat die vleis- en veselbedryf op 20 April saamtrek op die plaas Rondom in die distrik Loxton. In die kollig is planne wat met tegnologie gemaak word om boere se lewe makliker te maak.

Boere moet voldoen aan alle oudits en inspeksies wat dierewelstand, biosekerheid, volhoubare boerderypraktyke en gesonde arbeidspraktyke verseker om só beter marktoegang te kry, maar sonder dat hierdie ekstra administratiewe las verdere ontwrigting vir hulle hoef te beteken.

Boere sal gewys word hoe hulle tegnologie kan inspan om natuurlike hulpbronne meer volhoubaar te bestuur.

Moet die dag nie misloop nie. 


DIRECTIONS

LANDBOUWEEKBLAD - OVK KLEINVEE DAG
Rondom, Loxton
4GW4P7RQ+9R
Get Directions