Grootbek op Kleinmond: Rugbypraatjies
Fri Dec 23, 19:15 - Fri Dec 23, 22:15
The Shed
ABOUT
Aankondiging! As gevolg van die groot Noord teen Suid Rugby wedstryd het Vrydag aand se vertoning so bietjie verander. Die deure maak 18:30 oop en ons kyk vanaf 19:15 almal die Rugby wedstryd tussen die Stormers en die Bulls lewendig op 'n groot skerms. Schalk Burger snr en junior gee dan hulle kommentaar gedurende wedstryd en Anna Davel vermaak ons met haar helemse stem. Gratis karaf wyn ingesluit
Schalk Burger en vriende gesels oor rugby, met Anna Davel as gaskunstenaar.
23 Desember
Desembervakansie in die Overberg gaan nooit weer dieselfde wees nie! Vanjaar is die eerste Kleinmond mini Kunstefees – Grootbek op Kleinmond.
Die fees word aangebied in samewerking met die Safari biltong speserye van Crown National.
Optredes geskied in The Shed, voorheen ’n perlemoen fabriek in die Kleinmond hawe.
Die informele teater met sitplek vir slegs 200 is ideaal geskik vir ‘n fees van plaaslike talent. Daar word verwag dat die beperkte aantal kaartjies vinnig opgeraap sal word.