Family friendly

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2022 – Stellenbosch

Tue Mar 15, 08:00 - Tue Mar 15, 17:00

Lord Charles Hotel

ABOUT



LEES NOU AL EN STOOR DIE PROGRAMBOEKIE. KLIK HIER.




TROEF HOË INSETKOSTE OP DIE NATUUR SE MANIER


Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig? Kom kry

antwoorde op hierdie vrae by Landbouweekblad se drie herlewingslandboukonferensies.


Dit was een van die grootste onlangse skokke vir die landbou: Die onverwagse en skerp styging in die koste van produksie-insette, met die pryse van alles van kunsmis tot gewasbeskermingsprodukte wat met dubbelsyfers geklim het. Skielik het boerdery soveel duurder geword, en die risiko het aansienlik gestyg omdat boere noodgedwonge hoër opbrengste moes najaag. Vandag is die kollig op maniere om duur insette die hoof te bied. Een van die vrae wat landboukenners hulself gereeld afvra, is of die natuur van die dienste kan lewer wat ons gewoonlik in ’n sak koop. By Landbouweekblad se drie herlewingslandboukonferensies kan boere kom kers opsteek by internasionale sprekers, by ander boere leer wat elke dag suksesvol herlewingslandboupraktyke toepas, en meer uitvind oor jongste navorsing oor dié opwindende veld. Hulle kan ook uitsien na boereproewe, praktiese demonstrasies van ultrahoëdigtheidsbeweiding en saam met kenners in die veld stap (Reitz-konferensie).


Dié konferensies is ’n moet vir enige boer wat goedkoper, winsgewender en lekkerder wil boer.


Sprekers sluit in:


Dr. Ademir Calegari, internasionaal erkende Brasiliaanse dekgewasspesialis oor die nuutste internasionale suksesse met herlewingslandbou.


Pablo Etcheberry, Argentynse beesboer wat hoëdigtheidsbeweiding suksesvol beoefen en toepaslike gereedskap ontwerp om bestuur te vergemaklik.


Martli Slabber – BOEREPERSPEKTIEF: Hoe dekgewasse en kompos lewe in sitrussandgrond geblaas het


Jarred Murphy – BOEREPERSPEKTIEF: praktiese dekgewas-boereplanne in Weskus-sitrussandgrond


Junior Heroldt – BOEREPERSPEKTIEF: Suksesse en mislukkings: My pad om hoë insetkoste te sny


Charné Viljoen, departement agronomie, Universiteit Stellenbosch – Meer voordele met laer stikstof-bemestingspeile in aangeplante weiding


Rens Smit, landboutegnikus, Wes-Kaapse departement van landbou, Langgewens-navorsingsplaas – Verminderde gebruik van kunsmis en insekdoder op Langgewens-navorsingsplaas, en die gebruik van skape in die bestuur van dekgewasse


Amandrie Louw, bewaringsekologie en entomologie, Universiteit Stellenbosch – Insekdiversiteit in graanwissel-boustelsels, en die beskikbaarheid van voordelige predatore


***


Koste: R800 per persoon. Bespreek vroeg en betaal R650! (Middagete ingesluit)

Aanlyn: R350

Koop nóú jou kaartjie en ontvang ’n gratis intekening van DRIE maande op Landbou.com! Kom ontdek ’n wêreld van landboukennis!


***


Jou veiligheid is vir ons baie belangrik. In ooreenstemming met Media24 se korporatiewe beleid moet persone wat die konferensie bywoon wat nie ingeënt is nie ’n negatiewe Covid-19-toets (nie ouer as 72 uur nie) verskaf. Bring asb. ’n bewys hiervan saam. Daar sal ook mediese personeel by die konferensie wees wat teen R250 ’n Covid-19-blitstoets (antigeentoets) kan doen.


DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2022 – Stellenbosch
Lord Charles Hotel
Broadway Blvd & Main Rd, Winston Estate, Cape Town, 7140
Get Directions