No under 16s

Dowwe Dolla: Nou of nooit!

Fri Oct 29, 18:30 - Sat Oct 30, 19:50

Karusa, Oudtshoorn

ABOUT

Dowwe Dolla: Nou of nooit!


Dowwe Dolla, een van Suid-Afrika se mees bekende blondines, is in Oktober vanjaar vir die laaste keer op ’n Oudtshoorn-verhoog te sien.

 

Dowwe Dolla het beplan om aan die einde van 2020 haar stilettos op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosozana het ’n stokkie daarvoor gesteek. Nou vat Dolla die pad om haar koebaais te sê.

          

Wokeness staan sterk en kunstenaars is sonder werk, Cyril se paddas is in die pot en Ace is besig om te plot. Eskom se volgende reddingspakket is ’n hamper met Blitz & charcoal, Woolies verkoop nou ratel-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir ’n lang kuier, wat alles beteken Suid-Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!

 


Tydsduur: 80 Minute

Ouderdomsbeperking: Daar is ’n ouderdomsbeperking van 16 jaar, aangesien Ouma Dowwe Dolla nie ’n wag voor haar mond het nie.

Kaartjieprys: R150 per persoon

Waar: Karusa, Oudtshoorn

Wanneer: 29 en 30 Oktober om 18:30

DIRECTIONS

Dowwe Dolla: Nou of nooit!
Karusa, Oudtshoorn
KARUSA WINES , ON THE R328 NORTH, Oudtshoorn, 6620
Get Directions