No under 16s

Grin Court Natuurreservaat Polokwane Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 12 Julie 2024

Fri Jul 12, 18:00 - Fri Jul 12, 22:00

Grin Court Nature Reserve

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Grin Court Natuurreservaat in samewerking met Wiele 500 bied met trots aan: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Hierdie is 'n fondsinsameling mense!


Die kaartjie sluit 'n Steak Platter in, as volg: Rump Steak, Smoked Cabanossi, Sweet Corn Mielie with Mayo, Chicken wings, Samoosas, Roosterkoek met Konfyt & Botter, Cheese Spreads & Chillies. Die uitvoering dien as geldinsamelingsaksie vir Wiele 500 , wie hul daarvoor beywer om rolstoele te voorsien aan mense in drukkende nood. Kom help! Deure maak om 6NM oop, die vertoning neem aanvang om 7NM. Vir navrae rig e-pos aan [email protected] of skakel: +27 15 297 1133.


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 12 Julie in Polokwane! Die rook gaan draai!

DIRECTIONS

Grin Court Natuurreservaat Polokwane Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 12 Julie 2024
Grin Court Nature Reserve
Rietfontein Ptn4, Polokwane, 0700
Get Directions