Family friendly

Baby on Board-voorgeboortekurus

Sat Apr 13, 08:00 - Sat Apr 13, 14:00

Lewende Woord Bloemfontein

ABOUT

Die koms van ’n baba vul enige voornemende ouer met opgewondenheid, maar ook angs. Jy kan waarskynlik nie wag om die klein mensie wat God aan jou toevertrou het te ontmoet en vas te hou nie, maar soms kan ’n mens nie help om onseker te wees oor hierdie nuwe seisoen in jou lewe nie.


Babas kom nie met handleidings nie, maar Lewende Woord Bloemfontein se voorgeboortekursus kan help om jou voor te berei op hierdie lewensveranderende en verrykkende ouerskapreis.


Die voorgeboortekursus vind plaas op Saterdag 13 April 2024 vanaf 08:00 tot 14:00. Dit sluit ’n inligtingstuk en ’n ligte ete in en kos net R150 per persoon. As die gedagte aan ’n peperduur kursus wat oor weke strek, jou nie opgewonde maak nie, is die Baby on Board-kursus net vir jou.


Die volgende sprekers gaan jou toerus om ouerskap met selfvertroue aan te pak:


Sr. Anja Stander (verpleegkundige): Wat om te verwag ten tye van die geboorte (normaal en keiser) en ook die moets en moenies van immunisasie

Leandri van der Berg (borsvoedingkonsultant): Borsvoed met sukses

Dr. Elizna van Aardt (dokter): Algemene kwale en skete in babas en die hantering daarvan, asook veiligheid in en om die huis

Megan Lewis (oogkundige): Die wonder van ’n baba se sig

Carmen Maré (arbeidsterapeut): Die fisieke ontwikkeling van ’n baba – watter mylpale moet jy op die uitkyk voor wees en hoe om dit te identifiseer

Elizma Kriel (kinderbedieningsleier): Jou geestelike reis as ouer; die kies van jou baba se naam


Koop julle kaartjies vandag nog en maak seker julle is slaggereed vir julle baba se koms.


Navrae: Elizma by 082 773 4103

DIRECTIONS

Baby on Board-voorgeboortekurus
Lewende Woord Bloemfontein
Faan Ferreira Ave, Spitskop Small Holdings, Bloemfontein, 9301
Get Directions