Magda en haar Erhard, how Louw can you go?

About

Ons is die Jaarsies! ??

Ons samel geld in vir my pa, Cobus van Jaarsveld, se broodnodige dubbele heupvervanging. Danksy die Here se genade is die eerste een agter die rug en werk ons nou om geld bymekaar te maak vir die 2de een - Hierdie een is meer komplex.

In 1983, terwyl hy op pad was om my ma te vra om met hom te trou, was hy in ’n ernstige motorongeluk betrokke. Kort nadat sy motor gediens is, het die agterwiel se as en laer losgekom, wat veroorsaak het dat hy beheer oor die voertuig verloor het.

Hy het ’n vergruisde heup, ’n ernstige rugbesering en erge kopbeserings opgedoen. Die dokters het geglo dat hy nooit weer sou loop of praat nie. Teen alle verwagtinge in het hy egter herstel, weer leer loop en selfs weer rugby gespeel.

Daarna het hy vir baie jare as predikant gedien en sy lewe daaraan gewy om ander te help en te dien, ten spyte van die pyn en langtermyngevolge van sy beserings.

Ná meer as 40 jaar het die skade hom egter uiteindelik ingehaal. Hy het nou dringend ’n dubbele heupvervanging nodig. Omdat hy nie ’n mediese fonds het nie, is hy tans nommer 283 op die waglys by die provinsiale hospitaal en leef hy elke dag met erge pyn.


Ons het met Desiré Manthey Gardner en Hannes van Wyk in kontak gekom en gevra asof hulle nie, hulle produksie Magda en haar Erhard, how Louw can you go, na Tzaneen te bring. Ons is ongelooflik opgewonde om Die produksie op 27 Feb in Tzaneen aan te bied en sodoende verder geld in te samel vir my pa se heupvervanging.

Kom lag en ondersteun saam met ons!

Elke kaartjie, donasie en vorm van ondersteuning bring ons ’n stap nader daaraan om my pa weer beweging en vryheid sonder konstante pyn te gee.

Baie dankie aan elkeen wat ons ondersteun en saam met ons hierdie pad stap.

Mag die Here elkeen ryklik seën.

Contact info