Glaskas
About
Glaskas verskyn in 2006 op die Suid-Afrikaanse musiektoneel met hulle debuutalbum, Revolusie, Romantiek, Ruk en Rol, en hulle eerste enkelsnit, Verloor Myself. Vir 13 weke stem kykers vir Verloor Myself as hulle gunstelingvideo op DStv se MK. Van toe af pla die band minder hulle bure en reis hulle regoor Suider-Afrika met hulle motto: Een klein dorpie op ’n slag. Selfs al is daai dorpie soms ook ’n fees of ’n stad.