Hoërskool Hugenote
About
SALUTE THE LEGENDS – aangebied deur Hoërskool Hugenote
Waar musiekherinneringe weer lewe kry!
Salute the Legends is ’n energieke musiekproduksie wat hulde bring aan die ikoniese kunstenaars van die afgelope 85 jaar en onvergeetlike treffers wat generasies steeds laat sing, dans en onthou.
Met ’n verhoog vol talentvolle sangers, dansers en akteurs, skouspelagtige kostuums, dinamiese choreografie en ’n indrukwekkende visuele produksie, neem Salute the Legends die gehoor op ’n musikale reis deur die dekades – tot by die hede, waar Hoërskool Hugenote se eie band, Legendaries, die produksie met trots op ’n volgende vlak afsluit.
Ons salueer kunstenaars en musieklegendes soos Solomon Linda, Bruce Springsteen, Elvis Presley, Anneli van Rooyen, Neil Diamond, Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan en Creedence Clearwater Revival, tot meer onlangse gunstelinge soos One Direction en Droomsindroom – en natuurlik ons eie oorspronklike musiek!
Van liedjies wat jou terugneem na ’n spesiale tyd en plek, tot treffers waarvan jy vandag nog elke woord ken – dis ’n aand van nostalgie, saamsing en onvergeetlike herinneringe!
Hou jy van musiek? Kom word deel van die legende.
Kom sing saam.
Kom dans saam.
Kom onthou saam.
SALUTE THE LEGENDS
Kom sing saam en word deel van die legende.