NG Grimbeekpark

About

NG Grimbeekpark is geleë in die hart van Potchefstroom, aan die pragtige walle van die Mooirivier. Ons lidmate woon verspreid oor die dorp en omliggende omgewing. As ’n jong gemeente het ons ’n sterk fokus op kinderbediening en ’n diep passie vir kinderevangelisasie – plaaslik én wêreldwyd. Baie van ons lidmate is entrepreneurs of betrokke by die Noordwes-Universiteit (NWU), wat ’n unieke dinamiek aan ons gemeente gee. Ons eredienste, gekenmerk deur kragtige gemeentesang, vorm die hartklop van ons saamwees. Hier is jy welkom.

Contact info